Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

<< >> Die Woord vir Woensdag 30 April 2025

Bybel in Afrikaans (1983-vertaling)

Hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie.

Jesaja 29:13

Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word.

Prediker 12:13

Jesaja 29 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

10 want die Here het julle in 'n diep slaap laat wegsak: die profete moes julle oë wees en die sieners julle koppe, maar julle oë is nou toe en daar is 'n doek oor julle koppe.
11 Elke openbaring is nou vir julle soos die woorde in 'n verseëlde boek: jy gee dit vir iemand wat kan lees en jy vra: "Lees dit asseblief vir my," en hy sê: "Ek kan nie, die boek is verseël."
12 Of jy gee die boek vir iemand wat nie kan lees nie en jy vra: "Lees dit asseblief vir my," en hy sê: "Ek kan nie lees nie."
13 Die Here het gesê: Hierdie volk is naby My met die mond, hulle eer My met wat hulle sê, maar hulle hart is ver van My af, hulle dien My soos mense dit wil hê, nie soos Ek wil nie.
14 Daarom gaan Ek nog ongehoorder dinge doen met hierdie volk: die een ongehoorde ding na die ander, sodat die wysheid van sy wyse manne sal verdwyn, die verstand van sy verstandige mense tot niet sal gaan.
15 Ellende wag vir dié wat dink hulle kan hulle planne diep wegsteek vir die Here, hulle wat besig is om dinge in die donker te doen en dink: wie sien ons? Wie weet van ons?
16 Julle is agterstevoor met alles, asof die pottebakker die klei is. Die maaksel kan mos nie van sy maker sê: "Hy het my nie gemaak nie"; die kleipot kan mos nie van die pottebakker sê: "Hy weet nie wat hy doen nie."

Read more...(to top)

Prediker 12 (Bybel in Afrikaans (1983-vertaling))

10 Hy het daarna gestrewe om hom raak uit te druk en die waarheid getrou op te teken.
11 Die woorde van mense met wysheid is soos skerp stokke, versamelde spreuke is soos spykers wat ingeslaan is. Hulle is deur een Herder gegee.
12 Die belangrikste van alles is: My seun, wees versigtig! Daar kom nie 'n einde aan die skryf van baie boeke nie, te veel studie ooreis die liggaam.
13 Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word.
14 God sal rekenskap eis oor alles wat gedoen word, ook oor wat in die geheim gedoen word, of dit goed is of kwaad.

Read more...(to top)

Other Bible Editions

Select...

English Standard Version

Their fear of me is a commandment taught by men.

Isaiah 29:13

The end of the matter; all has been heard. Fear God and keep his commandments, for this is the whole duty of man.

Ecclesiastes 12:13

Jesaja 29 (English Standard Version)

10 For the Lord has poured out upon you
a spirit of deep sleep,
and has closed your eyes (the prophets),
and covered your heads (the seers).
11 And the vision of all this has become to you like the words of a book that is sealed. When men give it to one who can read, saying, “Read this,” he says, “I cannot, for it is sealed.”
12 And when they give the book to one who cannot read, saying, “Read this,” he says, “I cannot read.”
13 And the Lord said:
“Because this people draw near with their mouth
and honor me with their lips,
while their hearts are far from me,
and their fear of me is a commandment taught by men,
14 therefore, behold, I will again
do wonderful things with this people,
with wonder upon wonder;
and the wisdom of their wise men shall perish,
and the discernment of their discerning men shall be hidden.”
15 Ah, you who hide deep from the Lord your counsel,
whose deeds are in the dark,
and who say, “Who sees us? Who knows us?”
16 You turn things upside down!
Shall the potter be regarded as the clay,
that the thing made should say of its maker,
“He did not make me”;
or the thing formed say of him who formed it,
“He has no understanding”?

Read more...(to top)

Prediker 12 (English Standard Version)

10 The Preacher sought to find words of delight, and uprightly he wrote words of truth.
11 The words of the wise are like goads, and like nails firmly fixed are the collected sayings; they are given by one Shepherd.
12 My son, beware of anything beyond these. Of making many books there is no end, and much study is a weariness of the flesh.
13 The end of the matter; all has been heard. Fear God and keep his commandments, for this is the whole duty of man.
14 For God will bring every deed into judgment, with every secret thing, whether good or evil.

Read more...(to top)