Skip navigation and move to Contents...
Bible 2.0 Scripture explains itself Bible 2.0

"Die Woord" van bible2.net - twee aanvullende Bybeltekste vir elke dag van die jaar

  • for your daily Bible reading: two verses complement each other
  • display God's word on your website
  • read God's word in dialects

Die Woord vir Saterdag 2 Augustus 2025

Vra na die ou paaie. Vra watter pad die beste is en loop dit, dan sal julle rus vind.

Jeremia 6:16

Jesus sê:

Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.

Matteus 11:28

Jeremia 6

15 Wanneer hulle aan die kaak gestel word oor die gruwelike dinge wat hulle gedoen het, skaam hulle hulle nie eens nie, hulle weet nie van skaamte nie. Daarom sal hulle tot 'n val kom soos al die ander voor hulle; wanneer Ek hulle straf, sal hulle omkom, sê die Here.
16 So sê die Here: Staan by die kruispaaie en kyk, en vra na die ou paaie. Vra watter pad die beste is en loop dit, dan sal julle rus vind. Maar hulle het gesê: "Ons sal nie daardie pad loop nie."
17 Toe het Ek wagte oor julle aangestel en gesê: Luister na die ramshoring! Maar hulle het geantwoord: "Ons sal nie luister nie."

Matteus 11

27 "My Vader het alles aan My toevertrou, en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; en ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun Hom wil bekend maak.
28 "Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.
29 Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus kry vir julle gemoed.

"Die Woord" van bible2.net

  • vir elke dag van die jaar twee aanvullende Bybelverse
  • goed leesbaar op onderskeidelike reëls gerangskik
  • op die slimfoon, tablet of rekenaar, as e-boek, kalender nota en sluimerskerm
  • asook op u webwerf
  • in meer as 25 tale en Bybelvertalings
  • kosteloos
  • Die Woord is ʼn voorsmaak vir die volledige Bybel. Dis ʼn daaglikse impuls, om God persoonlik te ontmoet!

More About us...