Die Woord vir Dinsdag 14 Mei 2024
Waarom beskuldig jy vir God? Hy hoef nie vir jou rekenskap te gee van sy dade nie. God spreek die mens aan, Hy huiwer nie om dit op meer as een manier te doen nie.
Job 33:13-14
God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie?
Romeine 2:4
12 Ek sê vir jou: Hierin is jy verkeerd; God is meer as die mens. |
13 Waarom beskuldig jy vir God? Hy hoef nie vir jou rekenskap te gee van sy dade nie." |
14 "God spreek die mens aan, Hy huiwer nie om dit op meer as een manier te doen nie. |
15 Hy praat met die mens in 'n droom, in 'n gesig in die nag, wanneer die mens diep slaap, wanneer hy vas slaap op sy bed. |
3 Maar jy, mens, wat ander veroordeel wat sulke dinge doen, en jy doen dit self, verbeel jy jou dat jy aan die oordeel van God sal ontkom? |
4 God is ryk in goedheid, verdraagsaamheid en geduld! Sê dit vir jou niks nie? Besef jy nie dat God jou deur sy goedheid tot bekering wil lei nie? |
5 Maar deur jou verharding en jou onbekeerlike hart is jy besig om vir jouself straf op te gaar vir die oordeelsdag, wanneer God sy regverdige oordeel sal uitspreek. |